Afgeleide

In die wiskunde en veral die differensiaalrekening is die afgeleide van 'n funksie by 'n punt die helling van die raaklyn aan die grafiek van die funksie op die punt. Die woord 'afgeleide' is hier om die waarheid te sê 'n afgekorte term vir die begrip 'afgeleide waarde'. Dit is 'n waarde wat afgelei is uit die oorspronklike funksie. Bepaling van die afgeleide van 'n funksie word differensieer genoem.

As die afgeleide van 'n funksie f vir alle punte in die domein van f gedefinieer is, word die daardeur bepaalde funksie die afgeleide funksie of kortweg die afgeleide genoem. Die afgeleide van 'n funksie f word dikwels genoteer as f' ("f-aksent") of as . Die konsep van 'n afgeleide is in die 17de eeu byna tegelykertyd deur Isaac Newton en Gottfried Leibniz uitgevind.


Developed by StudentB